Wednesday 27 October 2010

Speeltyd en iets uit die verlede

Fleurette by Fleur's place het die oulikste tissue-houers gemaak, en ek kon nie dit weerstaan om van my eie te maak nie. Julle kan die patroon vir hierdie oulike, snoesige houertjies (en ander oulike idees), kry by Polka Dot Pineapple. Hierdie houers is so vinnig en maklik om te maak. Dit gaan natuurlik ook baie oulike geskenkies maak...Ek het alreeds 'n hele paar name vir wie ek hierdie houertjies kan/gaan maak.



Terwyl ek so aan die speel was, het ek ook gekyk of ek kan FMQ (free motion quilting) doen. Dit het my 'n rukkie geneem om my masjien aan te pas, maar ek het dit reg gekry. Ek het 'n beker mussie gemaak. Ek vergeet soms van my koffie, wanneer ek baie besig raak, en wanneer ek weer onthou, is my koffie yskoud. Hopelik is dit nou iets van die verlede met my beker mussie.



Kan julle die kwiltwerk sien? Dis nie regtig besonders nie, maar vir my is dit goed genoeg as motivering om dit op ander projekte ook te probeer.

Onthou julle hierdie foto, vanaf hierdie inskrywing:



Michelle by The Desert Quilter het toevallig, in die kommentaar wat sy gelos het, reg geraai. Dit is inderdaad 'n baba kwilt. In September het my skoon-suster geboorte geskenk aan 'n pragtige baba seuntjie, en as Tannie, wou ek graag iets vir die kleinding maak. Hier is die voltooide kombersie:



En hier is die agter kant (Jammer vir die swak fokus):



Dis dit, vir eers. Tot later!

8 comments:

  1. Hou vd tissue houers! Kan amper dieselfde patroon gebruik om warm nek-kussinkies te maak soos beertjie se warm-magie: opening sal dan net moet kan toemaak.Oupa sal so kussinkie geniet.Hoe vorder die Kers-kwilt?

    ReplyDelete
  2. Wat een vrolijke geboorte quilt, goed geslaagd. Schoonzus en neefje zullen er wel blij mee zijn.
    Die tissue houders zijn inderdaad makkelijk om te maken en leuk om te geven.
    Groeten uit Holland.

    ReplyDelete
  3. I love the coffee cap, the fabric is lovely, great job with the baby quilt, and those tissue holders really are cute! Well done!

    ReplyDelete
  4. You've been busy! The baby quilt came out beautifully. The mother will be thrilled.

    Very nice tissue holders. I'd never heard of a cup cap. What an awesome idea!

    ReplyDelete
  5. Sjoe, maar jy is bedrywig! Is jy tyd se baas??? Ek wns ek het so baie tyd gehad! Die sonsondergange is so mooi!

    ReplyDelete
  6. The colors in the baby quilt are striking... good choices however unusual !! Did the pattern arrive yet? Hugs to you

    ReplyDelete
  7. Love that coffee cup cap! Beautiful fabric! Very cute tissue holders too - great as gifts. Love the baby quilt, I'm sure the baby and the parents will love it. Well done on your first attempt on FMQ!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.