Monday 27 September 2010

Natuur tonele en BOM

Ai, wat 'n lieflike naweek! Net 'n jammer dit was so kort!

Die weer begin sy warm strale uit steek, en daarmee saam begin ons die mooiste sonsondergange kry. Dis natuurlik een voordeel om op die tweede verdieping bly - hierdie prentjie kan jy nie mis nie, al wil jy:


Ongelukkig het die foto bietjie donkerder uitgekom as wat ek gehoop het. Wanneer die son hierdie kleur is, is ons hele leef area en kombuis oorspoel met rooi en oranje kleure. Dis te ongelooflik om te beskryf.

Ons was gister vir 'n kort rukkie strand toe. Dit was heerlik om weer  die seelug in te asem, en die wind in die hare te voel. Ons was nie baie lank daar nie - die strand was dig gepak, tog het ons dit gate uit geniet. Ek het 'n storie boek geneem, en lekker in die boom se skaduwee gelĂȘ en lees.  Die wind het bietjie gewaai, en natuurlik was dit die regte verskoning vir 'n klomp wind- en kite-surfers om hul talente ten toon te stel. Dis is die prentjie wat ons gesien het, wanneer ons uitgekyk het oor die waters (om beter te sien, kliek op die prentjie om dit groter te maak):


Intussen het ek aan Raggedy BOM blok 3 gewerk, en het dit hierdie naweek voltooi. Hierdie keer het ek nie probleme gehad met verkeerde naat toelatings nie - hahahahaha!


Wel, dit was my naweek. Hoop julle het ook 'n wonderlike naweek gehad.

Tot later!

7 comments:

  1. Wat een geweldige foto van de zonsondergang.
    Gelukkig dat het met de naadtoeslag nu beter gaat.

    ReplyDelete
  2. very pretty sunset and nice quilt blocks with the stitchery.
    Karen
    http://karensquilting.com/blog/

    ReplyDelete
  3. The BOM is coming along very nicely. Love the colors you have chosen. Yes, wonderful sunsets over the last days - I can't get enough of them! :)

    ReplyDelete
  4. Gorgeous sunset! Beautiful turquoise water. Just like in a post card.

    Your quilt is coming along nicely. :-)

    ReplyDelete
  5. Beautiful pix of the sunset! Do you get pretty sunsets often?

    ReplyDelete
  6. Die sonsondergang is so pragtig. Ek hou verskriklik baie van jou BOM blokke. Jou handewerk is baie netjies. Groete uit Texas!

    ReplyDelete
  7. Beautiful sunset! I love your block you finished. This is my first time visiting your blog, and I want to keep coming back to see how you finish your project. Nice work!
    ~~Lori

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.